Posted in Kortverhaal

Die Swembadopsigter {Graad 11 Opstel}

Hierdie is ‘n opstel wat ek vir my sussie geskryf het. ‘n Graad 11 opstel.

rfcwic9xb9sisaevucmq_1082038472

Die dorp swembad is in rep en roer vandag. Met die son wat gaan stil staan het bo-kant die dorpie het die meerderheid besluit om vandag liewer by die swembad te spandeer. Daar is ‘n skare mense en die Van Heerden’s sukkel om ‘n gaatjie te kry waar hulle die piekniek kombers kan oopgooi.

“Liewe genade bokkie kyk hoeveel mense is hier vandag” roep Susan uit terwyl sy vir klein Johantjie insmeer met hopeloos te veel sonbrandskerm.

Johan senior is besig om die aangelapte sambreel in die gras te steek en verloor amper ‘n duim-nael in die proses.

“Mamma ek se vir jou dis warm, die son staan stil en ons sal die kinders moet dophou, jy weet nooit wat kan gebeur nie” antwoord hy bekommerd.

Daantjie staan gereed sodat sy swemvlerkies opgeblaas kan word. Willemien grawe in die piekniek-mandjie opsoek na iets koel om te drink. Johantjie is reeds water toe.

“Bokkie, kyk” fluister Susan vir Johan.

“Is dit nie daardie nuwe swembadopsigter nie? Hy lyk darem vreeslik nors”

Johan ruk amper sy nek af soos hy probeer kyk en maak dan oogkontak. Hy groet verlee en draai dan weer terug.

“Ja mamma dis hy, hy moet seker maar so kwaai wees, ek sou ook wees met ‘n dorp soos die.”

***

Check daar ouens, dis mos daardie nuwe ou wat die swembad moet oppas. Ek se julle, daar is iets fishy aan daai ou oomie hoor” se Mari terwyl sy haar kougom kou.

Issit? Soos wat dink jy?” vra Carla met groot oe en sit nader om mooi te kan hoor.

“Ek het gehoor hy is gefire by sy vorige werk omdat hulle iets fishy gesien het” se Willem.

“Ag Willem hou op lieg” skel Mari. “Jy’t boggerol gehoor nie, moenie na Willem luister nie hy soek net aandag”.

“Is nie Mari ek het dit gehoor!” kap Willem terug.

“Nou vertel ons dan wat is so fishy wat die vorige mense gesien het”? vra Zander.

Willem bly ‘n rukkie stil, nie seker of hy sy geheime moet verklap nie. Die ander wag aandagtig.

“Ek het by Floris gehoor, die oom het ‘n track record om weird goed in die water te laat spuit sodat die dorps mense siek raak en dan… jy weet… sterf”.

Die ander is nou doodstil en Mari kou steeds aan haar kougom.

“Se nou net hy spuit goed in ons water? Hier is baie mense vandag ons gaan mos op ‘n streep vrek” se Carla bekommerd.

“Ons sal hom net moet watch man dis al” se Zander en loer onderlangs na die opsigter.

“Ek het ‘n plan” fluister Mari. “Vanaand as almal weg is gaan kruip ons in die stort weg. Ons kan so ‘n bietjie spy op hom en kyk wat hy alles in daardie stoorkamer daar agter wegsteek. As daar iets is om te vind sal ons dit kry”.

***

“Mamma vir wat staan jy dan so ingedagte” vra Johan terwyl hy Susan se skouers maseer.

“Ag bokkie ek dink sommer. My maag is onderstebo, ek weet nie of dit dalk die son is en of ons iets verkeerd geeet het nie” kla sy terwyl sy die maalvleis in die pan braai.

“Nou gaan le ‘n bietjie, ek sal hier aangaan. Toe toe, kom in die bed” jaag Johan haar kamer toe.

Willemien loer na Daantjie.

“Daantjie” fluister sy sag “Jy weet hier loop stories rond van daardie nuwe swembadopsigter. Nou is ma siek. Dit kan net hy wees”.

Daantjie loer kamer se kant toe en da weer terug na die televisie. “Sjuuuuu my storie is gaan nou begin”.

***

Die ligte by die dorp swembad word afgeskakel en die vier hoor hoe die buite hek gesluit word.

“Mari, hoe gaan ons hier uitkom vannag” fluister Zander.

“Moenie worry nie man ons sal ‘n plan maak, kom net” fluister sy terug en maak dan versigtig die deur na die buite vertrek oop.

“Dis gesluit. Ons moet iets soek om die slot mee te breek” fluister Carla

“Wat maak julle hier!” roep ‘n stem skielik van agter.

Die vier ruk soos hulle skrik en draai onmiddelik om. Die swembadopsigter staan kwaad en nors voor hulle.

“Jammer oom, ons het aan die slaap geraak en soek ‘n sleutel om by die hek uit te kom” maak Zander verskoning en Mari rol haar oe.

Die opsigter staar na hulle sonder om ‘n woord te se.

“Gaan oom ons nou doodmaak”? vra Willem.

Die opsigter frons en begin dan te lag. Eers sag en dan uit volle bors.

“Nou wat is dan nou so funny hmm?” vra Mari geirriteerd.

“Julle praat seker van die stories wat rondloop oor hoekom ek by my vorige werk weg is. Wel ek het iemand doodgemaak nie, ek het sommer self daardie stories versprei om kinders uit die dorp swembad na ure te hou, kom, stap saam dan sluit ek die hek vir julle ook”.

Die vier kyk na mekaar en stap dan saam met die opsigter. Hulle stap deur die gebou wat lei na die groot hek en stop meteens. In die hoek van die ontvangs-area staan ‘n groen bottel met ‘n kopbeen bo-op geteken. Die vier stop in hul spore.

550_102044337

“En hoe verduidelik jy dit”? roep Mari uit.

Die opsigter draai om om te sien wat die oponthoud is. ‘n Glimlag vorm om sy geplooide gesig.

“O dit? Dit gebruik ek om kinders soos julle aan die slaap te maak voor ek hulle doodmaak!” roep hy uit terwyl hy die deur na buite sluit…

grouchyoleman2

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s